Tag Archives: Hangberg

The Uprising of Hangberg

The Documentation Centre for Music (DOMUS)
presents a film screening, discussion and musical performance featuring

The Uprising of Hangberg is a film documentary by Dylan Valley and Aryan Kaganof, with original music score by Stellenbosch University music student Natasje van der Westhuizen. The documentary provides shocking footage and eyewitness accounts of the attempts by the Western Cape Provincial Administration and the City of Cape Town to evict residents from their homes in Hangberg, Hout Bay, in September this year (see Kagablog). The Rastafarian community in Hangberg is central to the narrative developed in the film, which also documents Rastafarian Nyabingi chanting and drumming (the traditional music of the Rastafarian religion) from Hangberg. The Uprising of Hangberg is a tour de force of activist documentary film making. It does not only succeed on artistic and technical levels, but also as a political intervention enabling a marginalized community to speak of their oppression and trauma.

In a gesture of support for the plight of the residents of Hangberg, the Documentation Centre for Music (DOMUS) at Stellenbosch University screened The Uprising of Hangberg in Kayamandi on 2 December 2010. Stellenbosch is home to what is probably the most important community of Rastafari in South Africa, and DOMUS has arranged for the Stellenbosch Rastafarian community from Cloetesville to open proceedings at the screening with a performance of Nyabingi chanting and drumming. The screening was followed by a question and answer session with the film makers, after which the Hangberg reggae band BLAZE performed.

Die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS)
bied aan
‘n filmvertoning, bespreking en musikale uitvoering oor


The Uprising of Hangberg is ‘n dokumentêre film deur Dylan Valley en Aryan Kaganof met oorspronklike klankbaan deur Natasje van der Westhuizen, ‘n musiekstudent aan die Universiteit van Stellenbosch. Die dokumentêr bevat skokkende beeldmateriaal en getuienis van slagoffers uit Hangberg, Houtbaai, oor die uitsetting en verwoesting van hulle huise deur die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie en die Stad Kaapstad in September vanjaar (sien Kagablog) . Die Rastafari gemeenskap in Hangberg staan sentraal in die narratief wat in die film ontwikkel word. Hierdie groep word onder andere verteenwoordig deur die dokumentering van Nyabingi dromspel en sang (die tradisionele musiek van die Rasta godsdiens). The Uprising of Hangberg is ‘n radikaal-aktivistiese dokumentêre film. Dit is nie net artistiek en tegnies virtuoos nie, maar slaag ook polities deurdat dit ‘n gemarginaliseerde gemeenskap bemagtig om te praat oor hulle onderdrukking en trauma.

In ‘n gebaar van ondersteuning vir die gemeenskap van Hangberg, het die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) ‘n vertoning van The Uprising of Hangberg in Kayamandi op 2 Desember 2010 georganiseer. Stellenbosch is die tuiste van waarskynlik die grootste gemeenskap Rastafari in Suid-Afrika, en die Rasta gemeenskap van Cloetesville het ingestem om die geleentheid te open met ‘n uitvoering van Nyabingi dromspel en sang. Die vertoning is gevolg deur ‘n vraag-en-antwoord sessie met die filmmakers, waarna die Hangberg reggae groep BLAZE optree het.

Advertisements