Author Archives: matildiethomwium

Hearing Landscape Critically: Composers’ Panel: Sound Examples

In advance of the composers’ panel for the Hearing Landscape Critically conference on Tuesday, which I shall be chairing, I paste two links to recordings of compositions by Hendrik Hofmeyr that are pertinent to his contribution to the panel.

Preludio and Umsindo from Partita Africana: http://www.youtube.com/watch?v=iEXmbi95wUI

Notturno elegiaco (Orchestral version): http://www.youtube.com/watch?v=4Rzs4a1r_FA

Frauenliebe und Leben

I am giving a recital of this celebrated cycle on the 11th Sept in the Odeion Concert Hall in Bloemfontein, and thought I would share the programme note I wrote for it here. We are discussing the articles I refer to below in a postgraduate research seminar group this Friday.

Robert Schumann se befaamde siklus Frauenliebe und Leben is in 1840 gekomponeer. Hierdie uiters produktiewe jaar (soms sy “Liederjaar” genoem) waaruit die meeste van sy groot en bekende siklusse insluitende ook Dichterliebe dateer, was die jaar dat hy en Clara Wieck uiteindelik met mekaar kon trou, ná ’n uitgerekte hofsaak teen haar pa.

Die teks van Frauenliebe und Leben is ’n stel gedigte deur Adelbert von Chamisso wat in 1830 gepubliseer is. Hierdie gedigte probeer die lewensloop en veral die innerlike of verbeeldingslewe van ’n vrou vasvang, maar die stereotipe wat hierdie tekste uitbeeld van ’n vrou wat haar identiteit en lewensin vind in haar rol as onderdanige eggenoot en moeder, het selfs so vroeg as die 1870s kritiek uitgelok (Dietrich Fischer-Dieskau, Robert Schumann, Wort und Musik: Das Vokalwerk (Stuttgart, 1981), 87).

’n Belangrike feministiese aanslag op die teks én musiek het in 1992 uit die pen van Ruth Solie verskyn (Whose life? The gendered self in Schumann’s Frauenliebe songs in Scher (red.) Music and text: critical inquiries). Sy voel veral ongemaklik daarmee dat Chamisso en Schumann, as mans, die onderwerping aan die man en haar selfopgawe in moederskap as die vrou se hoogste ekstase voorstel, in die teks en (besonder effektief) in die musiek. Sy verstaan dus die sg. “cultural work” wat deur die siklus verrig word as ’n aktiewe bevordering van die onregverdige stereotipe, eerder as ’n onskuldige uitbeelding van die destydse sosiale werklikheid.

Daar het egter in die afgelope dekade ’n nuwe wending in musikologiese beskouings van die siklus ingetree, waarin skrywers registreer dat sangers, ten spyte van die ongemaklike en vir sommige aanstootlike stereotipe, steeds genoeg estetiese waarde uit die siklus put om dit herhaaldelik uit te voer:

To judge by the remarkable number of new recordings over the last decades, however, singers’ interest in the songs has not diminished with the feminist critique – even if this viewpoint has dominated the accompanying program notes. Performers have evidently found it possible to draw from these songs something that continues to appeal to them and to put it forth persuasively (Muxfeldt, K. 2001. Frauenliebe Now and Then, in 19th-century music 25:1, 28-29).

In die artikel wat ek hierbo aanhaal, onderneem Muxfeldt dus ‘n tipe “rehabilitasie” van die siklus deur verby die geslagstereotipe na die res van die estetiese inhoud van die kunswerk te kyk. Een van die antwoorde wat sy aanbied, is ook die een wat dit vir die huidige uitvoerder moontlik gemaak het om die siklus op ‘n outentieke wyse te interpreteer, naamlik die klem op die tipies Romantiese verbeeldingsin en emosionele fynbesnaardheid wat die hoofkarakter in die siklus het:

Frauenliebe und Leben is a paradox. Even as its more concrete subject matter has died out in the world, the intensity of Schumann’s engagement with the figure of this woman remains deeply affecting. To my mind, it is precisely the uninhibited imagination of Schumann’s act of empathy, his remarkable effort to portray his character’s process of mind, which stands to account for the work’s continued effectiveness in the present – against all shifting social odds (Muxfeldt, K. 2001. Frauenliebe Now and Then, in 19th-century music 25:1, 48).

(Matildie Thom Wium)